Solidariteit Media

Solidariteit onthul die regering se grootste flaters en beste besluite vir 2012
Die vakbond Solidariteit het die regering se spandabelrigheid, omstrede bemagtigingswetgewing en regstellendeaksiepraktyke; die gebrekkige hantering van die Marikana-slagting; inmenging in die ekonomie en swak dienslewering vanjaar as van die grootste regeringsflaters aangewys. Die vakbond het egter Thuli Madonsela, die openbare beskermer, geloof vir haar werk om korrupsie en wanbesteding te ontbloot terwyl die ontslag van Genl. Bheki Cele, die voormalige polisiehoof, en die regering se besluit om nie Jimmy Manyi se kontrak as regeringswoordvoerder te hernu nie, ook pluimpies verdien het.

Volgens Moira-Marie Kloppers, woordvoerder van Solidariteit, het die regering op verskeie vlakke flaters begaan wat in baie gevalle onherroeplike skade aangerig het. “Die regering se gebrekkige optrede en kommentaar ná die grusame Marikana-slagting was egter beslis dié grootste flater vir 2012. Die regering het gefaal om formele kollektiewe bedingingsforums met streng riglyne te help skep. Die huidige gebrekkige bedingingsforums en uitsluitende drempels het ’n teelaarde vir konflik in die mynbedryf geskep.”

Solidariteit het intussen nog drie arbeidsverwante regeringsflaters uitgelig:

Ontmagtigende bemagtigingswetgewing

Volgens Kloppers het die regering in 2012 wysigings aan die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagting (die BBSEB-wet) voorgestel wat, wanneer dit ingestel word, tot die weglating van wit mense met gestremdhede uit die Wet op Gelyke Indiensneming se definisie van die aangewese groep sal lei. Sodoende sal wit mense met gestremdhede finaal uit regstellendeaksieprosesse geskop word. Intussen is daar ook wysigings aan die Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging-kodes (die BBSEB-kodes) aangekondig. Volgens dié wysigings sou maatskappye se maatskaplik-ekonomiese ontwikkelingsbydraes net erken word indien 100% van die bevoordeeldes swart was. Burgerlike verset het egter daartoe gelei dat die departement van handel en nywerheid dié spesifieke gedeelte van die BBSEB-kodes onttrek het.

Diensleweringsprobleme weens die onbillike toepassing van regstellende aksie

Die regering se absurde en streng syferbehepte benadering tot regstellende aksie veroorsaak dat honderde poste in die staatsdiens ten koste van dienslewering vakant gelaat word ter wille van verteenwoordiging. “Solidariteit voer tans 33 regstellendeaksiesake teen die staat waarvan tien reeds in die vakbond se guns beslis is.”

KT-transaksie met Telkom weens regeringsinmenging in die wiele gery

Die kabinet het in Mei besluit dat die staat, as die grootste aandeelhouer van Telkom, nie die transaksie tussen die Suid-Koreaanse KT-korporasie en Telkom goedkeur nie. Die beoogde ooreenkoms sou beteken dat KT ’n 20%-aandeel in Telkom vir ongeveer R3,3 miljard sou aankoop. “Noudat die transaksie gekanselleer is, loop Telkom die risiko om geleidelik meer van die markaandeel te verloor, met uiters nadelige gevolge vir sy werknemers se indiensname en werksomstandighede.”

Verder meen Solidariteit dat dit blyk asof die regering se hoofprioriteit spandabelrigheid en selfverryking is. “Terwyl grootskaalse wanbetaling van diensverskaffers in die departement van gesondheid reeds tot lewensverlies gelei het en duisende leerders weens die handboekkrisis benadeel is, het die regering honderde miljoene op die ANC se eeufeesvieringe en president Jacob Zuma se Nkandla-woning bestee,” sê Kloppers.

Solidariteit doen ŉ beroep op die regering om in 2013 veral hierdie kwessies met mening te takel en in die belang van Suid-Afrikaners op te tree. “Korrupsie is in talle van dié flaters teenwoordig en totdat die regering nie daadwerklike stappe neem om korrupsie op alle vlakke uit te roei nie, sal dieselfde flaters waarskynlik weer in 2013 begaan word. Die regering sal in 2013 méér moet doen as om bloot “sokkies op te trek”. Slegs ŉ nuwe benadering sal in baie gevalle die foute van 2012 kan herstel.

Solidariteit se uiteensetting van die regering se grootste flaters vir 2012 kan onder gelees word.

Moira-Marie Kloppers

Woordvoerder: Solidariteit

Die regering se top flaters vir 2012

1.	Die gebrekkige hantering van die Marikana-slagting

Die regering se gebrekkige optrede en kommentaar ná die grusame Marikana-slagting, in vergelyking met die opskudding wat die kunswerk “The Spear” veroorsaak het, is beslis een van die grootste flaters van 2012.

Die dood van 34 stakende mynwerkers by Marikana op 16 Augustus 2012 het gevolg op tien moorde in die voorafgaande week as deel van ’n onwettige staking. Duisende werknemers het daaraan deelgeneem en gemeenskapslede en werkloses van die omliggende gebied het daarby ingeskakel. Die oorsaak van die staking was na bewering ’n loongeskil, hoewel die vermoede bestaan dat die onrus oorspronklik uit ’n geskil tussen die National Union of Mineworkers (NUM) en die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), twee mededingende vakbonde by die myn, gespruit het.

Solidariteit hou vol dat gebrekkige bedingingsforums en uitsluitende drempels ’n teelaarde vir konflik in die mynbedryf geskep het. Die regering het gefaal om formele kollektiewe bedingingsforums met streng riglyne te skep. Só ŉ forum behoort te bepaal dat alle kollektiewe bedingingsprosesse slegs binne die kollektiewe bedingingstrukture en -riglyne kan plaasvind. Verder moes die gebruik van erkenningsdrempels en -vereistes in die mynbedryf ook lankal hersien geword het. Buitengewone hoë drempels, byvoorbeeld 50% + 1, word dikwels toegepas wat tot gevolg het dat sommige vakbonde uitgesluit word. Die feit dat daar met die Marikana-onrus buite die bestaande bedingingstrukture opgetree is, het boonop ŉ presedent geskep wat veroorsaak het dat die onrus in die mynbedryf selfs verder uitgekring het.

Die portefeuljekomitee oor arbeid is vroeër vanjaar reeds versoek om die kwessie dringend te bespreek. Solidariteit is ook van mening dat die registrateur van vakbonde meer magte by die departement van arbeid moet kry om vakbonde se registrasie op te skort in gevalle soos die van Amcu waar ’n patroon van gewelddadige en ongeoorloofde gedrag ontwikkel het.

2.	Ontmagtigende bemagtigingswetgewing

a.	BBSEB-wet sluit wit gestremdes uit

Die jongste voorgestelde wysigings aan die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB-wet) sal, wanneer dit ingestel word, tot die weglating van wit mense met gestremdhede uit die Wet op Gelyke Indiensneming (No. 55 van 1998) se definisie van die aangewese groep lei. Sodoende sal wit mense met gestremdhede finaal uit regstellendeaksieprosesse geskop word.

Hierdie voorgestelde wysiging van die BBSEB-wet volg ŉ regulasie in die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid (No. 5 van 2000) wat wit mense met gestremdhede uit die definisie van die aangewese groep weglaat – dit is in Desember 2011 aanvaar. Ingevolge die betrokke regulasie sal die aangewese groep volgens die definisie daarvan in die BBSEB-wet bepaal word. Die staat het wit mense met gestremdhede dus reeds in Desember verlede jaar uit bemagtigingswetgewing geskop.

Die vakbond Solidariteit het vroeër vanjaar in ’n voorlegging aan Rob Davies, die minister van handel en nywerheid, gevra dat wit mense met gestremdhede ingesluit word in alle vorme van bemagtiging wat ten doel het om onbillike diskriminasie aan te pak. Solidariteit wil die neiging om wit mense met gestremdhede al meer uit bemagtiging te sluit, stuit en het derhalwe aangedring dat dié groep by alle definisies in wetgewing wat bemagtiging reguleer, ingesluit moet word.

b.	BBSEB-kodes vir maatskaplik-ekonomiese ontwikkelingsbydraes sou swart én wit ontmagtig

Burgerlike verset het daartoe gelei dat die departement van handel en nywerheid vroeër vanjaar sy nuwe voorgestelde Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging-kodes (BBSEB-kodes) vir maatskaplik-ekonomiese ontwikkelingsbydraes teruggetrek het. Dit volg nadat Solidariteit binne 11 dae meer as 11 000 protesboodskappe teen dié kodes ingesamel het en ook ’n senior regsopinie ingewin het – wat getoon het dat die voorgestelde kodes ongrondwetlik was.

Volgens die omstrede bemagtigingskodes wat deur Rob Davies, die minister van handel en nywerheid, bekendgemaak is, sou maatskappye se maatskaplik-ekonomiese ontwikkelingsbydraes net erken word indien 100% van die bevoordeeldes swart was. Die voorgestelde kodes was reeds deur die kabinet goedgekeur en die 100%-rasbenadering van die kodes het dus die stempel van goedkeuring van die hoogste uitvoerende gesag in Suid-Afrika gekry. Die huidige kodes, wat nou weer toegepas sal word, bepaal dat 75% van die bevoordeeldes swart moet wees en indien minder as 75% van die bevoordeeldes swart is, maatskappye se sosio-ekonomiese ontwikkelingsbydraes proporsioneel volgens die aantal swart mense erken word. Hierdie proporsionele benadering het glad nie in die nuwe voorgestelde kodes voorgekom nie en die 75%-swart bevoordeeldes is na 100% opgeskuif.

Solidariteit het gedurende sy Stop Rob-veldtog volgehou dat die instelling van die omstrede kodes nie net behoeftige wit persone gaan benadeel nie, maar ook derduisende behoeftige swart persone. Indien net 1% van die kindertjies in ’n kinderhuis wit is, sou die 99%-swart kindertjies ook benadeel word. Die kodes het dus enige vorm van integrasie ontmoedig en het dus bepaal dat jy grof moet diskrimineer om hulp te kan kry.

3.	Regstellendeaksiesomme veroorsaak swak dienslewering

Die regering se absurde en streng syferbehepte benadering tot regstellende aksie, wat veroorsaak dat honderde poste in die staatsdiens ten koste van dienslewering vakant gelaat word ter wille van verteenwoordiging, is ’n bekende regeringsflater. Solidariteit voer tans 33 regstellendeaksiesake teen die staat wat verskillende elemente van die staat en semi-staatsinstellings se regstellendeaksieplanne toets. Tien van die sake is reeds in Solidariteit se guns beslis. Daar lê nog 15 sake voor, waarvan almal teen die SAPD is.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het vroeër vanjaar in die arbeidshof in Kaapstad gesê bruin mense is oorverteenwoordig in die Wes-Kaap, maar dat daar nie op grond van ras teen hulle gediskrimineer word nie aangesien hulle welkom is om in ander provinsies om werk by die DKD aansoek te doen. Volgens Solidariteit is die DKD se verweer niks anders as ŉ reuseprogram van sosiale manipulasie nie. Volgens die DKD se regstellendeaksieplan moet die nasionale demografie in elke werksplek, selfs op provinsiale en streeksvlak, weerspieël word. Gevolglik het wit, en veral bruin werknemers in die Wes-Kaap, byna geen kans meer op bevordering en aanstellings nie.

4.	KT-transaksie met Telkom in die wiele gery

Die regering se besluit om ’n stokkie voor verdere onderhandelinge tussen Telkom en die Suid-Koreaanse KT-korporasie te steek, is ’n reuseregeringsflater. Die beoogde ooreenkoms sou beteken dat KT ŉ 20%-aandeel in Telkom vir ongeveer R3,3 miljard sou koop. KT (nou in privaatbesit, maar voorheen ŉ staatsbeheerde maatskappy) is een van die grootste verskaffers van telekommunikasiedienste in Suid-Korea. Telkom is in Suid-Afrika die grootste voorsiener van vastelyntelekommunikasie en grootmaatdatadienste en speel ook ŉ sleutelrol in ander dele van die telekommunikasiesektor. Telkom was voorheen volledig in staatsbesit. Telkom is sedertdien gedeeltelik geprivatiseer, hoewel die staat steeds ŉ beherende aandeel in die maatskappy besit.

Kragtens die beoogde ooreenkoms tussen KT en Telkom sou KT inspraak in sekere bestuursfunksies by Telkom bekom sodat die ondervinding en kundigheid wat KT in Suid-Korea opgebou het, aan Telkom oorgedra kon word.

KT, wat suksesvol van ŉ staatsmaatskappy in ŉ privaatmaatskappy omskep is, het ŉ baie groot aandeel gehad in die proses om Suid-Korea ŉ wêreldleier in toegang tot telekommunikasie te maak. Dit is presies dieselfde “strategiese doelwit” as wat die Suid-Afrikaanse regering vir Telkom het. Telkom sou ook die kapitaalinspuiting vanuit Korea vir uitbreiding kon benut.

Aan die einde van Mei 2012 het die kabinet egter besluit dat die staat, as grootste aandeelhouer van Telkom, nie die transaksie tussen KT en Telkom sal goedkeur nie. Daar is steeds ŉ geringe moontlikheid dat die twee maatskappye op ander maniere kan saamwerk, maar die beoogde transaksie is van die baan.

Noudat die transaksie gekanselleer is, loop Telkom die risiko om geleidelik meer markaandeel te verloor, met uiters nadelige gevolge vir sy werknemers se indiensname en werksomstandighede. Die verlies aan die moontlike R3,3 miljard se addisionele kapitaal vergroot ook die kans dat Telkom sy werksmag sal moet besnoei, hoewel dit waarskynlik nie in die nabye toekoms sal gebeur nie.

Die staat beskou Telkom as ’n “strategiese bate” waardeur telekommunikasiedienste uitgebrei en toeganklik gemaak moet word. Dit is egter juis weens die staat se houvas op die maatskappy dat dit nie innoverend kan optree om hierdie doelwitte te bereik nie. Die KT-transaksie sou hierdie houvas verbreek en die deur geopen het vir die lewering van nuwe tegnologie aan baie meer Suid-Afrikaners.

5.	Regering se spandabelrigheid en korrupsie ’n klap in die gesig vir armes

Kort nadat die regering meer as R300 miljoen vir die ANC-eeufeesvieringe opgedok het, word daar tans nóg nagenoeg R250 miljoen op president Zuma se omstrede Nkandla-woning in KwaZulu-Natal bestee. Dié spandabelrigheid laat nie net ’n bitter smaak in belastingbetalers se monde nie, maar is boonop ’n klap in die gesig vir arm Suid-Afrikaners. Dit is waarskynlik een van die grootste regeringsflaters vir 2012.

Die regering kan intussen boonop ook nie daarin slaag om begrotings verantwoordelik te bestuur nie. Net in die departement van gesondheid is daar tussen 2008 en 2011 korrupsie van meer as R536 miljoen blootgelê terwyl daar minstens R800 miljoen oorbestee gaan word aan die nuwe Kimberleyse hospitaal vir geestesiekes. Dié hospitaal moes reeds in 2008 voltooi gewees het, maar sy deure sal nou eers in 2014 open. Intussen het die Limpopo-regering in Maart vanjaar gesê dat hy onregmatige uitgawes van nóg R800 miljoen wat tussen 2005 en 2009 opgehoop het, wil laat afskryf. Dié provinsie was teen daardie tyd reeds R2 miljard in die rooi. Die grootste wanbesteding het egter in die departement van openbare werke voorgekom weens die omstrede huur van nuwe polisiehoofkantore ter waarde van R1,6 miljard.

’n Verslag deur KPMG wat in November bekendgemaak is, toon dat Suid-Afrika die korrupste land in Afrika is en dat driekwart van korrupte amptenare nooit strafregtelik vervolg word nie.

6.	Pasiënte betaal die prys vir departement van gesondheid se agterstallige rekeninge

Die departement van gesondheid se sloerdery om diensverskaffers vir noodsaaklike dienste te vergoed het vanjaar krisisafmetings aangeneem en is nog ’n waardige regeringsflater. Die departement het teen Januarie vanjaar lede van die Suid-Afrikaanse mediesetoerustingsbedryfsvereniging (Samed) reeds meer as R372 miljoen geskuld. Hiervan is slegs 250 miljoen in Junie vanjaar afbetaal. Talle Samed-lede moes hul werknemers aflê en hul deure sluit weens die wanbetaling deur die departement vir noodsaaklike ondersteuningsdienste aan staatshospitale. Intussen het stukkende toerusting by die staatshospitale weens agterstallige instandhouding tot talle lewensverliese in staatshospitale gelei.

In een geval is die 70-jarige Barnett Fine in die Matikwane-hospitaal in Hazyview, Mpumalanga sonder morfien in ’n sittende posisie aan slukdermkanker dood. Fine se kankerbehandeling is maande lank vertraag weens stukkende toerusting. Van die 30 bestralingsessies wat hy moes kry, het hy uiteindelik net vyf gekry en in sy laaste ure het hy nie eers morfien gehad nie.

In nog ’n geval is Susan Coetzer van Meyerton weens stukkende toerusting en heen-en-weer-verwysings, eers maande nadat sy vir die eerste keer ’n dokter besoek het, met servikale kanker gediagnoseer. Nadat sy behandeling begin ontvang het, is dit weer weens stukkende toerusting opgeskort.

7.	E-tol: Suid-Afrikaners gaan in 2013 hoes

Die omstrede e-tolstelsel wat vir Gautengse hoofweë beplan word, is nog ’n voortslepende regeringsflater. Dit dui op swak beplanning en onnodige besteding en ontbloot die algemene traak-my-nieagtige houding van die regering teenoor Suid-Afrikaners wat reeds finansieel vuisvoos is. Dié stelsel is nie net ’n baie duur manier om vir die verbetering van Gautengse paaie te betaal nie, maar die voorgestelde toltariewe is waarskynlik teenstrydig met die Sanral-wet (No. 7 van 1998).

Luidens ’n regsmening wat AfriForum, ’n instelling van die Solidariteit Beweging, bekom het, maak artikel 27(3) van die Sanral-wet nie voorsiening vir die skepping van ’n kategorie van padgebruikers op grond van die betaalmetode wat die padgebruikers verkies nie. Die sogenaamde “straftarief”, wat diegene teiken wat nie vir e-tol of by Sanral registreer nie, is dus onregmatig.

Artikel 27(1) van die Sanral-wet bepaal ook dat tolgelde betaal moet word “deur die persoon wat die voertuig bestuur of gebruik”. Die e-tolstelsel waarvolgens ’n voertuigeienaar vir tolgeld geregistreer word en nie die bestuurder nie, val dus buite die raamwerk van die wet.

Intussen meen Solidariteit steeds dat die tolstelsel tesame met die huidige brandstofbelastings op dubbele belasting neerkom. ’n Brandstofheffing sou met geen insamelingkoste gepaard gaan nie. ŉ Heffing van slegs sowat 5c tot 9c sou die koste van die paaie binne 20 jaar afbetaal indien dit landswyd ingestel sou word. Indien dit slegs in Gauteng ingestel sou word, sou dit sowat 15c tot 27c moes wees. Dit is slegs ’n 1,2% tot 2,2% styging op die huidige prys van petrol in Gauteng. Vergeleke met die maandelikse R550 tolgeld-perk, sou dit ook vir die meeste padgebruikers ’n baie goedkoper oplossing wees. Indien die regering egter die e-tolstelsel wel implementeer, behoort padgebruikers afslag op brandstofbelasting te ontvang om dubbele belasting te vermy.

Solidariteit het intussen ook die konsultasieproses wat tot dusver gevolg is om die publiek se insae in die projek te kry, gekritiseer en hou vol dat die publiek nie na behore geleentheid gegun is om kommentaar te lewer nie.

8.	Boere minder beskerm as renosters

Met die aantal plaasaanvalle op Suid-Afrikaanse bodem ’n geraamde 700% hoër as in enige ander land ter wêreld, is die regering se versuim om dié misdaad as prioriteitsmisdaad te verklaar ’n ernstige flater. Boere staan ’n twee keer groter kans om vermoor te word as polisielede in Suid-Afrika en ’n drie keer groter kans om vermoor te word as enige ander burger. As enige van dié groepe teen dieselfde koers aangeval en vermoor was, sou daar ’n nasionale oproer gewees het.

Alhoewel boere van verskillende rassegroepe slagoffers van plaasaanvalle is, staan wit boere steeds ’n groter kans om slagoffers te wees. Derhalwe is die kans vir ’n boer om op ’n plaas in Suid-Afrika vermoor te word enigiets tussen vier tot ses keer hoër as die gemiddelde risiko om vermoor te word vir die algemene bevolking. Aangesien die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) nie meer akkurate rekords van die aantal plaasaanvalle hou nie, blyk dit asof die kwessie na die agtergrond geskuif is en die nodigheid om tot aksie oor te gaan, nie ’n prioriteit is nie.

Intussen gebruik politici openlik haatspraak wat spesifiek na die doodmaak van boere in Suid-Afrika verwys. Die indruk wat dit skep is dat die huidige regering nie die rampspoedige kwessie van boere wat onder beleg is, ernstig genoeg opneem nie en boere as uitgeworpenes in plaas van die voedselverskaffers van die land sien. As die regering nie op die boerderygemeenskap, besorgde landsburgers en toepaslike rolspelers se dringende versoek vir drastiese maatreëls en volhoubare strategieë ter beskerming van boere ag slaan nie, kan Suid-Afrika binnekort dieselfde paadjie as Zimbabwe volg.

Die situasie behoort as die nasionale krisis wat dit is, erken te word en moet derhalwe prioriteitstatus en toegespitse aandag geniet. Dit sal die implementering van ’n strategie of plan wat op die spesifieke kwessie van plaasaanvalle en verwante geweldsmisdaad fokus, behels.

9.	Departement van onderwys druip handboektoets

Die voortslepende handboekkrisis, veral in Limpopo, was ’n regeringsflater wat waarskynlik die optimale vordering van duisende leerders vanjaar ingeperk het. Duisende handboeke in Limpopo is nooit afgelewer nie en skole moes self sien kom klaar om hul leerders van studiemateriaal te verskaf. Luidens ’n verslag deur prof. Mary Metcalfe oor die handboekkrisis vroeër vanjaar, het sommige skole in Limpopo vier jaar laas handboeke ontvang. Talle handboeke vir 2012 is eers in Junie vanjaar bestel en was teen die laaste kwartaal van die skooljaar steeds nie versprei nie. Intussen het die hooggeregshof in Pretoria die minister van basiese onderwys beveel om alle handboeke vir graad 4 tot 6 en graad 11 teen 15 Desember 2012 af te lewer. Teen die laaste skooldag op 6 Desember was verskeie skole in Limpopo egter steeds sonder hul boeke vir 2013, luidens Beeld.

Pluimpies

Terwyl daar ’n oorvloed van regeringsflaters was in 2012, kan daar drie pluimpies aan die regering gegee word.

1.	Die ontslag van die voormalige polisiehoof, Genl. Bheki Cele.

2.	Die regering se besluit om nie Jimmy Manyi se kontrak as regeringswoordvoerder te hernu nie.

3.	Die uitstekende werk wat Thuli Madonsela, die openbare beskermer, verrig.

Plaasaanvalle

SEB-kodes: Brief aan pres. Jacob Zuma
Laai af die PDF vorm af:

Brief aan pres. Jacob Zuma

Laai die foto’s van die veldtog Stop Rob af:

Stop Rob 1

Stop Rob 2

Stop Rob 3

Stop Rob 4

Stop Rob 5

Stop Rob 6

Stop Rob 7

Stop Rob 8

Stop Rob 9

Stop Rob 10

Stop Rob 11

Akademia navorsingstudie
Laai af:

Vergelyking van streke verslag

Opleidingsbehoeftes skoolleerlinge Pretoria

Opleidingsbehoeftes skoolleerlinge Vaaldriehoek

Opleidingsbehoeftes skoolleerlinge Wes-Kaap

“Ons is positief oor die toekoms, wil studeer en in Afrikaans” – studie onder Afrikaanse leerders
Afrikaanse leerders wil in Afrikaans studeer, is positief oor die toekoms en glo dat hulle, deur harde werk, self beheer oor hulle toekoms kan neem. Dié resultate is deel van ’n omvattende studie wat deur die Solidariteit Beweging se opleidingsinstelling, Akademia, bekendgemaak is. Die studie is in samewerking met die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) uitgevoer.

Akademia is onlangs bekendgestel as die eerste been van die Solidariteit Beweging se volwaardige nuwe Afrikaanse universiteit.

Die studie is in 99 Afrikaanse hoërskole onder gr. 10- en 11-leerders landswyd gedoen. Luidens die studie wil 95% van die leerders ná skool gaan studeer en sowat 70% wil in Afrikaans studeer. Verder is 70% van mening dat daar ’n behoefte aan ’n Afrikaanse universiteit is. Die studie toon voorts dat 74% van hulle daarna streef om by ’n universiteit te studeer en ongeveer ’n derde by ’n tegniese kollege.

Luidens die studie is meer as ’n driekwart (78%) van die Afrikaanse kinders wat aan die studie deelgeneem het positief oor die toekoms; 72% van hulle glo dat hulle aan ’n toekoms bou deur nou hard te werk; en 70% voel dat hulle beheer het oor die toekoms. Daarby het 83% van die respondente aangedui dat dit die moeite werd is om ná skool verder te studeer.

“Die resultate skets ’n prentjie van hoop. Die kinders meen hulle kan deur verdere studie en harde werk ’n toekoms vir hulself skep. Met hierdie soort ingesteldheid gaan Afrikaanse kinders hulle in ŉ toekoms in presteer,” het Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, gesê.

“Byna twee derdes (60%) van die leerders is egter onseker of daar ná hulle studies nog genoeg werksgeleenthede gaan wees. Ten spyte van hierdie onsekerheid het die jongmense gesê hulle is positief oor die toekoms. Dit beteken dat hulle bereid is om self verantwoordelikheid vir hulle toekoms te neem.”

Uit die studie blyk dit dat 78% van die leerders Wiskunde as skoolvak neem. Hulle sorg dus ook dat hulle deur hulle vakkeuses reg vir die toekoms geposisioneer is. Ingenieurswese is die gewildste beroep onder die leerders, met onderwys en beroepe in enige IT-rigting gelyk in die tweede plek. Finansiële rigtings is ook baie gewild. “As jongmense wil leer en in die regte rigting studeer, kan hulle vir hulle ’n toekoms skep,” het Marthinus Visser, uitvoerende hoof van Akademia, gesê.

In die studie het die belangrike rol van onderwysers ook na vore gekom. Altesaam 73% van die leerders het aangedui dat onderwysers hulle aanmoedig om verder te studeer. “Daar is ’n direkte verband tussen positiewe onderwysers en jongmense se wil om te studeer. Hierdie studie wys ook dat Afrikaanse skole nog goeie, positiewe onderwysers het. Afrikaanse kinders se onderwysers gee aan hulle ’n mededingende voordeel,” het Buys gesê.

Die uitdaging is egter om vir Afrikaanse kinders ’n plek te gee waar hulle gehalte-onderrig in Afrikaanse kan ontvang. Die huidige residensiële universiteite wat steeds in Afrikaanse klas gee, is nie voldoende vir die groot behoefte aan studies in Afrikaanse nie. Van die sowat tien Afrikaanse technikons en 150 Afrikaanse beroepskolleges wat vroeër bestaan het, het nie ’n enkele Afrikaanse technikon of Afrikaanse enkelmedium-kollege oorgebly nie. Afrikaans aan die tradisioneel Afrikaanse universiteite het drasties agteruit gegaan en die agteruitgang gaan steeds voort.

“Ons wil by Akademia ’n antwoord op die vraag na gehalte-onderrig op universiteitvlak bied. Hierdie studie onder leerders help ons om presies te bepaal wat jongmense se behoeftes in hierdie verband is. Ons ontwikkel ons kursusse op grond van dié behoeftes,” het Visser gesê.

Laai af:

Akademia Verslag

1time-koop val ter elfder ure deur die mat – Solidariteit
Honderde werknemers nou sonder werk

Die verkoop van 1time Holdings se laekostelugdiens, 1time Airline, het Vrydag ter elfder ure deur die mat geval en die maatskappy doen vandag om voorlopige likwidasie aansoek, het die vakbond Solidariteit bekendgemaak.

Marius Croucamp, woordvoerder van Solidariteit, sê die Britse laekostelugdiens FastJet Plc het belanggestel om 1time oor te koop. “Die maatskappy het egter op die nippertjie besluit om nie met die transaksie voort te gaan nie. Die bestuur van 1time het Vrydagoggend na dié terugslag met die ondernemingsreddingpraktisyn vergader, waarna besluit is om as ’n laaste uitweg vir likwidasie aansoek te doen. Die hofaansoek om voorlopige likwidasie sal vandag ingedien word.”

Croucamp sê 1time se nagenoeg 540 werknemers sit nou sonder werk. “Werknemers is vanoggend tydens ’n personeelvergadering gevra om vorms in te vul waarvolgens hulle preferente eisers is en moontlik eerste in die ry sal wees om betaal te word indien die maatskappy gelikwideer word. Solidariteit hoop dat daar nog tydens die likwidasieproses ’n reddingsboei vir 1time gevind kan word.”

Croucamp sê voorts dat daar geen waarheid steek in berigte dat 1time Holdings se bedryfsfiliaal en instandhoudingsvleuel, Jetworx, ook vir likwidasie aansoek gedoen het nie. “’n Groot deel van Jetworx se bedrywighede was by 1time en ons is bekommerd oor wat die laekostelugdiens se likwidasie-aansoek vir Jetworx sal beteken. Solidariteit vergader môre met Jetworx en sal na verwagting dan meer duidelikheid oor hierdie kwessie kry.”

Jetworx sowel as 1time Airline is vroeër vanjaar in ’n proses van ondernemingsredding geplaas.

Mediaverklaring, Solidariteit, 5 November 2012

Solidariteit bekommerd oor Moholi se bedanking, vra vir waardige opvolger
Die vakbond Solidariteit het vandag die bedanking van Nombulelo ‘Pinky’ Moholi, uitvoerende hoof van Telkom, as ’n terugslag vir die telekommunikasiereus beskryf en die hoop uitgespreek dat ’n waardige opvolger die leisels by haar sal oorneem.

Marius Croucamp, woordvoerder van Solidariteit, sê die maatskappy was onder Moholi se bestuur redelik bestendig ten spyte van moeilike omstandighede. “Moholi is die soveelste uitvoerende hoof van Telkom om die afgelope paar jaar te bedank en dit sal bydra tot verdere onbestendigheid in die maatskappy. Telkom sit met verskeie probleme, waaronder ’n reuseboete van die Mededingingstribunaal, ’n mislukte transaksie met die Suid-Koreaanse KT Corporation en swak finansiële vooruitsigte. Solidariteit is bekommerd oor wie volgende die leisels gaan oorneem, want Moholi se opvolger sal weer bestendigheid in die maatskappy moet vestig.”

Mediaverklaring, Solidariteit, 5 November 2012.

Renate Barnard uitspraak
Laai af:

Renate Barnard uitspraak

Solidariteit eis moratorium op RFD se regulerende eksamens vir finansiële adviseurs
Memorandum aan die RFD – 9 Oktober 2012

Mediaverklaring, 9 Oktober 2012

Die vakbond Solidariteit het vandag as deel van ’n reuseveldtog teen die Raad op Finansiële Dienste (RFD) ’n eerste memorandum aan dié statutêre liggaam gestuur waarin hy aandring dat ’n moratorium van minstens ’n jaar op alle regulerende eksamens vir finansiële adviseurs ingestel word. Die vakbond stel in die memorandum ook tien eise aan die RFD. Daarby het Solidariteit ŉ beroep op alle werknemers in die finansiële bedryf gedoen om aan hom ’n mandaat te gee om namens hulle op die moratorium aan te dring deur die memorandum by die webblad www.stopfsb.co.za te onderteken.

Volgens Johan Kruger, woordvoerder van Solidariteit, veroorsaak die RFD se swak bestuur van die regulerende eksamens tot reuse-onsekerheid onder werknemers in die finansiële bedryf. “Duisende finansiële adviseurs kan moontlik teen die einde van Maart 2013 hul werk verloor indien werkgewers hul dreigemente uitvoer om makelaars wat nie die regulerende eksamens voor die sperdatum slaag nie, af te dank,” sê Kruger. “Die moratorium op alle regulerende eksamens moet voortduur totdat al die bestuursprobleme uitgesorteer en gebeurlikheidsplanne vir die gevolge van die implementering van die eksamens opgestel is.”

Intussen het Solidariteit ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting met ŉ regsproses begin om die RFD te dwing om die statutêre oorsigkomitee wat ingevolge die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (die Fais-wet) ingestel is, se notules bekend te maak. “Dié komitee tree in ’n raadgewende hoedanigheid op en moet toesien dat die RFD se prosesse billik en doeltreffend uitgevoer word. Die voortslepende probleme met die regulerende eksamens het Solidariteit oortuig dat dié komitee waarskynlik nie doeltreffend funksioneer nie. Die vakbond eis dat die komitee se notules bekendgemaak word sodat enige twyfel oor die deursigtigheid van die RFD se prosesse uit die weg geruim kan word,” sê Kruger.

Solidariteit oorhandig eerste deel van R10 miljoen aan voormalige Atlantis Forge-werknemers
Die vakbond Solidariteit het vandag die eerste deel van nagenoeg R10 miljoen se preferente eise aan voormalige werknemers van die gelikwideerde Atlantis Forge oorhandig. Atlantis Forge, ’n maatskappy wat vragmotoronderdele vervaardig het, is in April 2009 in voorlopige likwidasie geplaas en vroeg in Februarie 2010 finaal gelikwideer nadat die maatskappy nie meer in die destydse ekonomiese klimaat en veral weens die wêreldwye finansiële ineenstorting as ’n winsgewende maatskappy in die motorbedryf kon handel dryf nie.

Laai foto’s af:

FOTO 1: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, oorhandig Geoffrey Bailey, ‘n voormalige werknemer se tjek aan hom.

FOTO 2: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, oorhandig CB Petersen, ‘n voormalige werknemer se tjek aan hom. “Ons is baie gelukkig dat ons iets uitkry. Nou hoef ek nie meer lenings aan te gaan om van te lewe nie,” het Petersen gesê.

FOTO 3: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, oorhandig ‘n tjek aan Terrence Jaftha, ‘n voormalige werknemer.

FOTO 4: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, saam met Kevin van Neel. “Ek is baie bly dat ons die geld kry. Ons het lank gewag,” het Van Neel gesê.

FOTO 5: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, oorhandig JS Davids se tjek aan hom. Davids het meer as 28 jaar vir die maatskappy gewerk en was een van die eerste werknemers.

FOTO 6: Whilma en Rodney Liedeman ontvang hul tjeks by Johan Engelbrecht, een van die likwidateurs. Hulle het beide vir die maatskappy gewerk en is in 2008 saam afgelê.

FOTO 7: Alice Khan, voormalige werknemer, ontvang haar tjek van Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste. Sy werk tans as gemeenskapsorgwerker in Atlantis.

FOTO 8: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, oorhandig Christine Robertson se tjek aan haar. Sy was baie emosioneel en sê hulle moes drie en ‘n half jaar wag vir die uitbetaling. Dit het vir haar baie beteken om haar ou kollegas weer te sien.

Volgens Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, is die uitbetalings ’n welkome verligting voor Kersfees vir die 380 voormalige werknemers van die maatskappy. “Solidariteit het destyds ’n voedingskema begin nadat die maatskappy in likwidasie geplaas is om die nood te help verlig. Intussen het die likwidateurs verskeie pogings aangewend om met voornemende kopers te onderhandel, maar geen aanvaarbare aanbod is ooit gemaak nie. Pogings om die maatskappy se bates aan ’n derde party te verkoop en om die aanleg operasioneel te hou, het ook misluk. Die verkoop van die roerende bates aan die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het 21c in die rand opgelewer wat nou aan die werknemers betaal is vir hul preferente deel van die eis ingevolge die Insolvensiewet.”

Arnold sê die preferente eise word ingevolge artikel 98(A) van die Insolvensiewet soos volg bereken. “Betaling van salarisse of lone vir ’n tydperk van hoogstens drie maande met ’n maksimum van R12 000; betaling van verlofvoordele tot ’n maksimum van R4 000; betaling verskuldig ten opsigte van enige ander vorm van betaalde afwesigheid vir ’n tydperk van hoogstens drie maande voor die datum van sekwestrasie van die boedel tot ’n maksimum van R4 000 en betaling van ’n skeidingsloon verskuldig aan die werknemer tot ’n maksimum van R12 000.”

Volgens Arnold word enige eise wat die bogenoemde berekenings oorskry as konkurrente eise geag. Die uitbetaling van konkurrente eise kan eers geskied sodra verdere uitstaande skulde van onder meer debiteure ingevorder is.

Arnold sê Solidariteit was deurgaans by die likwidasieproses betrokke. “Die vakbond het die eerste aansoek om likwidasie, wat op 18 Februarie 2009 in die hooggeregshof in Bloemfontein toegestaan is, teengestaan aangesien Solidariteit van mening was dat die hof nie jurisdiksie oor die aansoek gehad het nie. Die aansoek is daarna by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien, waarna die maatskappy op 16 April 2009 weer voorlopig in likwidasie geplaas is en ’n finale likwidasiebevel later uitgereik is.”

Solidariteit doen ’n beroep op voormalige werknemers wat nie vandag, 26 September 2012, hul tjeks kom afhaal het nie om met die vakbond se Bellville-kantoor in verbinding te tree:

Tel: 021 946 4440/ 4418

Faks: 021 949 4259

E-pos: belville@solidariteit.co.za

Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

Mediaverklaring, Solidariteit, 26 September 2012