Die vakbond Solidariteit het die regering se spandabelrigheid, omstrede bemagtigingswetgewing en regstellendeaksiepraktyke; die gebrekkige hantering van die Marikana-slagting; inmenging in die ekonomie en swak dienslewering vanjaar as van die grootste regeringsflaters aangewys. Die vakbond het egter Thuli Madonsela, die openbare beskermer, geloof vir haar werk om korrupsie en wanbesteding te ontbloot terwyl die ontslag van Genl. Bheki Cele, die voormalige polisiehoof, en die regering se besluit om nie Jimmy Manyi se kontrak as regeringswoordvoerder te hernu nie, ook pluimpies verdien het. Lees verder ‘Solidariteit onthul die regering se grootste flaters en beste besluite vir 2012′
Archive for the 'Konferensie Notas' Category
Laai af die PDF vorm af:
Laai die foto’s van die veldtog Stop Rob af: Lees verder ‘SEB-kodes: Brief aan pres. Jacob Zuma’
Laai af:
Afrikaanse leerders wil in Afrikaans studeer, is positief oor die toekoms en glo dat hulle, deur harde werk, self beheer oor hulle toekoms kan neem. Dié resultate is deel van ’n omvattende studie wat deur die Solidariteit Beweging se opleidingsinstelling, Akademia, bekendgemaak is. Die studie is in samewerking met die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) uitgevoer.
Honderde werknemers nou sonder werk
Die verkoop van 1time Holdings se laekostelugdiens, 1time Airline, het Vrydag ter elfder ure deur die mat geval en die maatskappy doen vandag om voorlopige likwidasie aansoek, het die vakbond Solidariteit bekendgemaak.
Lees verder ’1time-koop val ter elfder ure deur die mat – Solidariteit’
Die vakbond Solidariteit het vandag die bedanking van Nombulelo ‘Pinky’ Moholi, uitvoerende hoof van Telkom, as ’n terugslag vir die telekommunikasiereus beskryf en die hoop uitgespreek dat ’n waardige opvolger die leisels by haar sal oorneem.
Lees verder ‘Solidariteit bekommerd oor Moholi se bedanking, vra vir waardige opvolger’
Memorandum aan die RFD – 9 Oktober 2012
Mediaverklaring, 9 Oktober 2012
Die vakbond Solidariteit het vandag as deel van ’n reuseveldtog teen die Raad op Finansiële Dienste (RFD) ’n eerste memorandum aan dié statutêre liggaam gestuur waarin hy aandring dat ’n moratorium van minstens ’n jaar op alle regulerende eksamens vir finansiële adviseurs ingestel word. Die vakbond stel in die memorandum ook tien eise aan die RFD. Daarby het Solidariteit ʼn beroep op alle werknemers in die finansiële bedryf gedoen om aan hom ’n mandaat te gee om namens hulle op die moratorium aan te dring deur die memorandum by die webblad www.stopfsb.co.za te onderteken.
Lees verder ‘Solidariteit eis moratorium op RFD se regulerende eksamens vir finansiële adviseurs’
Die vakbond Solidariteit het vandag die eerste deel van nagenoeg R10 miljoen se preferente eise aan voormalige werknemers van die gelikwideerde Atlantis Forge oorhandig. Atlantis Forge, ’n maatskappy wat vragmotoronderdele vervaardig het, is in April 2009 in voorlopige likwidasie geplaas en vroeg in Februarie 2010 finaal gelikwideer nadat die maatskappy nie meer in die destydse ekonomiese klimaat en veral weens die wêreldwye finansiële ineenstorting as ’n winsgewende maatskappy in die motorbedryf kon handel dryf nie.
Laai foto’s af:
- FOTO 1: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, oorhandig Geoffrey Bailey, ‘n voormalige werknemer se tjek aan hom.
- FOTO 2: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, oorhandig CB Petersen, ‘n voormalige werknemer se tjek aan hom. “Ons is baie gelukkig dat ons iets uitkry. Nou hoef ek nie meer lenings aan te gaan om van te lewe nie,” het Petersen gesê.
- FOTO 3: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, oorhandig ‘n tjek aan Terrence Jaftha, ‘n voormalige werknemer.
- FOTO 4: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, saam met Kevin van Neel. “Ek is baie bly dat ons die geld kry. Ons het lank gewag,” het Van Neel gesê.
- FOTO 5: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, oorhandig JS Davids se tjek aan hom. Davids het meer as 28 jaar vir die maatskappy gewerk en was een van die eerste werknemers.
- FOTO 6: Whilma en Rodney Liedeman ontvang hul tjeks by Johan Engelbrecht, een van die likwidateurs. Hulle het beide vir die maatskappy gewerk en is in 2008 saam afgelê.
- FOTO 7: Alice Khan, voormalige werknemer, ontvang haar tjek van Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste. Sy werk tans as gemeenskapsorgwerker in Atlantis.
- FOTO 8: Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, oorhandig Christine Robertson se tjek aan haar. Sy was baie emosioneel en sê hulle moes drie en ‘n half jaar wag vir die uitbetaling. Dit het vir haar baie beteken om haar ou kollegas weer te sien.
